“A Passion for the possible”

OM ‘N BYDRAE TE MAAK TOT DIE BEURSFONDS, KLIEK OP “Donate” hieronder.

GivenGain

PICTURE GALLERY

Jongste Nuusbrief

Information Pamphlet | Inligtingstuk Afrikaans

Sindiswa se verhaal

Vision 

To give less privileged but motivated students in Kayamandi (or other deprived areas near Stellenbosch) the opportunity for full learning participation in secondary and tertiary education which may otherwise not have been possible due to their socio-economic circumstances.

Mission

To achieve this, an holistic approach is followed in support of less privileged families and their needs:

  • encouraging active participation and maximizing self-help;
  • working closely with Kayamandi High School and social workers;
  • building positive and constructive relationships with students and their families;
  • monitoring students’ progress  through personal contact, text messaging and home visiting;
  • offering effective compassion in the Lord’s Name and under His leadership and guidance

Inleiding

Stellenbosch Moederkerk Beursfonds is ’n fonds wat deur gemeentelede geldelik ondersteun word en deur ’n bestuur van agt tot nege aktiewe lede en ongeveer net soveel biddende lede bedryf word. Dit ondersteun hulpbehoewende studente uit benadeelde gemeenskappe (meesal uit Kayamandi, maar ook enkeles uit Cloetesville en elders). Dit stel hulle in staat om naskoolse kwalifikasies te bekom, maar trag ook om hulle as mense fisies, emosioneel en geestelik te ondersteun en help ontwikkel.

Ontstaansgeskiedenis

Die Beursfonds is ’n uitvloeisel van ’n gemeenskapsuitreikprojek van Moedergemeente wat rondom 2001 tot stand gekom het. Aanvanklik is besluit om kospakkies in Kayamandi te gee aan behoeftiges (veral MIV-pasiënte) wat wag op staatstoelaes, altyd na deeglike huisbesoek saam met ’n plaaslike maatskaplike werkster. Die huisbesoeke is deur Dr Audrey van Wijk gedoen. Gou is besef dat daar ’n groot behoefte is aan ondersteuning van ouers om hulle kinders se skoolgeld te bekostig. In die eerste jare is geld telkens by die Gemeente ingesamel om die R250 jaarlikse skoolgeld vir ongeveer vyftig leerders te betaal.

Mettertyd is besef dat hierdie leerders ook behoefte het aan hulp met verdere opleiding.ToeKayamandiHigh School’n “nie-fooi-heffende” skool geword het, is oorgeskakel na ondersteuning van na-skoolse opleiding. Tydens 2007 en 2008 is vyf van die skool se Wiskunde-onderwysers ook gedeeltelik gehelp om ’n bykomende kwalifikasie in die onderrig van Wiskundige Geletterdheid byUSte bekom (’n groot leemte is deur die skool op dié gebied ondervind). Klem val egter deurgaans op hulp aan behoeftige jongmense wat sonder die gewone ondersteuningsnetwerk moet klaarkom wat normaalweg tot suksesvolle tersiêre opleidingkanlei.

Hierdie aspek het geweldig uitgebrei en slegs gebrek aan groter befondsing en ’n tekort aan mentors uit die gemeente verhinder dat dit nog groter afmetings aanneem.

Werkwyse: identifikasie en beroepsvoorligting

Potensiële kandidate word normaalweg op twee wyses geïdentifiseer: die meente word steeds as gevolg van huisbesoeke by die heel armste huishoudings in Kayamandi onderskep. Ander word deur die skoolhoof, mnr Maphelo Ntshanga (wat ook lid is van ons bestuur) aangewys, waarna ook persoonlik met hulle geskakel word. Baie van hulle is weeskinders of kinders van enkelouers. In hulle matriekjaar word potensiële kandidate tydens die eerste semester onderwerp aan aanlegstoetsing en beroeps-voorligting deur een van die bestuurslede en daarna word elk aan ’n mentor uit die bestuur toegesê.

Die mentor begelei ’n kandidaat verder (wat eers self deur die Junievakansie by tersiêre inrigtings moet gaan navraag doen), en die kandidaat word gehelp met die invul van die nodige aansoekvorms en selfs met die administrasiefooi wat ’n aansoek moet vergesel (min van hierdie leerders het selfs die R150 tot R300 wat vereis word).

Kontak word met so ’n kandidaat behou, hetsy deur SMSe, ontmoetings in die dorp, of huisbesoek, en hulle word gedurig aangemoedig, altyd met beklemtoning van die kerkverband van die mentor en die mentor se persoonlike verbintenis met die Here, met verwysing na Sy opdrag om mekaar se laste te dra. As die geleentheid sig voordoen, word saam met ’n kandidaat gebid. Mentors bly ook steeds op hoogte van hulle vooglinge se fisiese, maatskaplike  en geestelike welstand. Dikwels val dit ’n mentor toe om nie-akademiese probleme te help oplos en raad oor allerlei te gee. Die Gemeente word ook aangemoedig om Beurskandidate in hulle gebede te dra.

Werkwyse: akademiese ondersteuning

As ’n kandidaat Matriek geslaag het en deur ’n tersiêre instansie aanvaar is, betaal die Beursfonds die registrasiefooi, wat kanwissel tussen R2200 (Kaapse Skiereiladse Tegniese Universiteit oftewel “CPUT”) tot R7500 (Universiteit Stellenbosch). ’n Koshuis-deposito bedra gewoonlik R1200. Hulle word deeglik ingeprent dat ons nie hulle klasgeld en verblyf volledigkan betaal nie en dat hulle om ’n staatslening (“NSFAS”-lening) aansoek moet doen. Die Beursfonds betaal wel ’n student se boeke, en gee dan maandeliks ‘n toelaag òf vir vervoer (as hy of sy tuis inwoon) òf vir kos (as hy of sy in ’n koshuis opgeneem is). Ditkan wissel tussen R130 en R750 per maand per kandidaat.

By geleentheid is daar ook ander gebeurlikheidsuitgawes waarmee ons help. As ’n student self die helfte (of meer) van die koste van ’n skootrekenaar of selfoon (in twee gevalle selfs van ’n “Wendy huisie”) bymekaar gemaak het, sal ons dit na gelang van omstandighede aanvul. Klere word ook vir ’n kandidaat voorsien, waar nodig. Die Gemeente word ook aangemoedig om goeie maar uitgediende rekenaars te skenk.

In kort, die Beursfonds vervul die rol wat ouers van bevoorregte studente speel: voorsiener van materiële dinge soos kos, klere, vervoer, verblyf, en waar nodig elektroniese apparaat, en verskaffer van (nie-tasbare ) raad en emosionele bystand.

Gevallestudies

Die Beursfonds het ’n wisselende aantal jongmense op ons boeke. Tans is daar ongeveer 38 by wie ons intens betrokke is (sommiges net moreel-geestelik, die meeste finansieel). Die jongmense wat ons ondersteun, wissel baie in intellektuele vermoë. Behoefte en nie skoolprestasie nie is ons maatstaf. Tog is daar van hulle wat bo baie moeilike omstandighede uitstyg. Die Sikades is ’n stel ouerlose neefs en niggies van wie Zuko so pas sy Siviele Ingenieursdiploma voltooi het, Aphiwe in haar derdejaar by ’n verpleegkollege is en Thabile wat matriek met ‘n B-prestasie geslaag het nadat hy vir Chemiese Ingenieurswese by US begin het, aanvaar is vir Medies by U Kaapstad, met ’n volledige beursdekking.

As die aanlegtoetsing getoon het dat ’n kandidaat nie akademies baie sterk staan nie (of as hy of sy Matriek gesak het), word so ’n jong mens by die Matie Gemeenskapsdiens ingeskryf vir ’n basiese rekenaarkursus om hom of haar in staat te stel om beter werkspotensiaal te bereik, of ’n ander uitweg word gesoek. Gemeentelede word dikwels gevra om werksgeleenthede vir sodanige jongmense (en soms vir hulle ouers) te bied.

So is Sibongiseni Nobuntu by ’n motor-werkswinkel geplaas waar hy reeds ’n jaar as vakleerling vorder. Siyabonga Jebese is gehelp met opleiding as sekuriteitswag en is tans in ’n betrekking wat deur ’n kontakpersoon in die gemeente gevind is. Nomvuyiseko Nomatyenge het na ’n klerklike internskap by die Wynland Munisipaliteit ’n kontrak-aanstelling as klerk by ’n kliniek gekry, wat hopelik permanent sal word..

Vyf van ons kandidate het reeds hulle Diplomas in verskillende rigtings by CPUT verwerf en is in diens gestel of studeer nou vir ’n BTech-graad.: Byvoorbeeld,, benewens Zuko hierbo genoem, is Andiswa Macingwane by die Mosselbaai Munisipaliteit, en Sibusiso Tswewu by die mikrobiologiese laboratorium waar hy sy internskapsjaar uitgedien het vas aangestel.

Die Tegniese Universiteite vereis telkens ses maande of ’n jaar se praktiese ondervinding in ’n werksopset. Tans is verskeie in sodanige situasie, of het dit so pas voltooi. ’n Jong enkelma, Sizeka Nobuntu, het haar Diploma in Meganiese Ingenieurswese met vlieënde vaandels geslaag (na ’n eerste onsuksesvolle eerstejaar in 2007) en loop tans, na ’n jaar by Mobil-Chevron in Milnerton haar BTech-graadjaar; Lebohang Setona het ses maande diens gedoen by ‘n hotel in Kampsbaai, Siphokazi Noludwe is in ’n verkoopsposisie by die sakeonderneming van ’n gemeentelid maar vertrek binnekort vir ’n jaar se diens as gasvrou by Disneyland, Florida, VSA. Nie een van hierdie jongmense sou sy of haar omstandighede kon verander het sonder die Beursfonds se hulp nie.

Daar is ook mislukkings: jongmense wat uit ons stelsel van ondersteuning verdwyn. Slegs enkeles het tot dusver totaal in hulle studies uitgesak, maar ander moes wel ’n eerste jaar herhaal. Raymond Mdabuli is nou in sy derde jaar by die Vrystaatse Tegniese Universiteit en het in 2010 90% vir Wiskunde behaal, nadat hy in die vorige jaar by Universiteit Kaapstad uitgesak het. Kwanele Kom het in 2010 sy eerste jaar in Sportwetenskap by UWK herhaal en byna alles geslaag ten spyte daarvan dat sy pa gedurende daardie jaar oorlede is en sy ma terug is Oos-Kaap toe. Hy bly nou alleen.

Geestelike aspekte

Elke mentor het sy of haar eie aanslag met studente, ook wat die geestelike betref. Hier volg die vertelling van een van die mentors: “Met elke ontmoeting met ons studente – in die middel van die gesprek, nie as afsluiting nie – haal ek ‘n Xhosa Bybel uit en vra hulle of hulle iets het om met my te deel. Ek hou ‘n Engelse Bybel byderhand. Party weet dadelik en presies wat hulle wil deel en soek dit op; ander dink eers vir ‘n oomblik maar lees dan ook iets. Dan vra ek hoekom hul daardie spesifieke deel gelees het. Hulle verduideliking is altyd verrykend, soms obskuur of van die punt af maar word tog maar altyd positief ervaar deur my en ek dink ook deur die student. Ek bid altyd met en vir daardie student, soms bid hy / sy saam. Soms lewer een ’n spontane getuienis van ’n eie verhouding met die Here. Een meisie het van Jesus se kruisiging gelees maar glad nie die betekenis van die skeuring van die voorhangsel verstaan nie: wonderlike geleentheid!

“Een jongman het dadelik 1 Thess 5:12 gelees: ‘Broers ons vra julle: erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle terwille van hul werk…’ Dit was sy manier van dankie sê vir ons ondersteuning.

“Een het net nie geweet wat om met die Bybel te maak nie. Hy vertel vir my hy weet niks van God nie. Op die vraag: ‘Wil jy weet?’ kom ‘n baie besliste ‘Ja!’. Die vroeëre gesprek het oor sy komende inisiasie in Oos-Kaap gegaan en die rol van die geeste. Net daar kon ek verduidelik dat God ook gees is maar dat Hy lewe!! ens … Sedertdien het ek hom na ’n paar kerkdienste in Stellenbosch vergesel, elke keer met ’n studentelidmaat van daardie gemeente. Uit die gemeente se kas kry ek vir hom ’n Bybel en merk verskeie tekste en help hom om bietjie sy pad daarin te vind. Einde verlede jaar was hy tuis by St Pauls Church of England, met ’n maat wat saamgaan en hy het ‘n Bybelstudiegroep vir studente soos hy in die week bygewoon. Tans lees hy gretig ’n boek oor Kersfees van RickWarren, ’n kort, eenvoudige en baie treffende uiteensetting van die Evangelie – en ek bid gereeld vir hom en al die ander!”

Finansies

Daar is geen vaste bedrag per student wat toegeken word nie: dit hang van ’n indiwidu se omstandighede af. Tipiese uitgawes per student werk as volg uit: Aanlegtoetsing en beroepsvoorligting in die matriekjaar: R300; aansoekfooi by een of twee tersiêre instansies: R300 – R600; registrasiefooi: R2200 tot R7500; maandelikse vervoer R130 tot R300, OF koshuisdeposito R1500 plus maandelikse kosvoorsiening R400 tot R700. Koshuisverblyf is beter omdat treinritte gevaarlik is. Gebeurlikhede soos rekenaar-reparasies of noodsaaklike klerekan‘n verdere R750 tot R2000 beslaan.

Die Beursfonds groei jaarliks en tot dusver het die gemeente dit altyd goed ondersteun, maar met meer fondse sal ons soveel meerkanbemag. Hoewel daar ’n vlottende aantal studente is soos eerstejaars begin terwyl ander afstudeer, kom daar jaarliks meer jongmense by as wat klaarmaak. Uitgawes (afgerond) in die jongste verlede was soos volg:

2010 R85000
2011 R136000
2012 R200000
2013 R250000
2014 R325000
2015 R400000

Hierdie geld is alles direk aan die behoeftes van die jongmense bestee aangesien die werksaamhede van die Beursfondsbestuur en -mentors totaal vrywillig en onbesoldig is. Die Kerk se saakgelastigde hanteer die fondse wat deur die Kerk se normale kontrole-prosesse en boekhouding bestuur word. ’n Lid wat ‘n geoktrooieerde rekenmeester is, dien as informele ouditeur.

Enige bydrae aan die Moederkerk Beursfonds wil bewillig, sal opreg waardeer word en sal dien om ’n verskil in hierdie jongmense se totale lewens te maak.

Bestuurslede / Mentors:

Prof JM Claassen, Voors.; Dr Audrey van Wijk, Huisbesoek; Me Annemarie Spies, Sekr.; Me Susan Andrag, Maatskaplike Werkster; Mnr Kobus Weyers, Sielkundige; Me Iris Weyers, Arbeidsterapeut; Mee Coreen Krige en Marida van der Merwe, Afgetrede leerkragte, Me Emmarentia Jacobs, Rekenaarkundige. Addisioneel: Me C Kuijpers, Ouditeur; Mnr M Ntshanga, Skoolhoof.