Woordfees 28 Februarie tot 9 Maart 2014
Geloof op die Markplein Gespreksreeks

Geloofsgenesing of Oëverblindery?
11 Maart 15:00 | Boektent | 50min | Gratis
Kay de Villiers, Johannes de Villiers, Deon Bruwer
Gespreksleier: Johan van der Merwe

Bewerings dat geloofsgenesing ’n werklikheid is, word weer smalend deur die ander kant afgemaak as oëverblindery of met die siniese vraag gekonfronteer hoekom God dan nie mense met amputasies “genees” nie. Bestaan “bo-natuurlike ingrype”? Staan geloof hier teenoor die rede? Is die wetenskap van Westerse medisyne voldoende? Is daar ruimte vir geloof in genesing? Of bly dit by ’n plasebo-effek? 

Die huwelik – Goddelike of Kulturele instelling?
12 Maart 11:00 | Boektent | 50min | Gratis
Chris Jones, Nicki Spies, Theunis Botha
Gespreksleier: Johan van der Merwe

Die tradisionele huwelik is onder skoot van verskillende kante af. Enersyds is daar baie vrae of die huwelik hoegenaamd nog ’n nuttige instelling in ons samelewing is. In ontwikkelde lande lyk dit of jongmense al hoe minder van kleintyd af droom van die dag wanneer hulle sal trou en dra dit nie meer ’n stigma om nie te trou nie. Andersyds word ander vorme van verbintenisse, insluitende ’n saamwoon-reëling en verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag as geldige alternatiewe tot die tradisionele huwelik gesien. Hoe Goddelik is die huwelik?

God en Armoede
13 Maart 10:00 | Boektent | 50min | Gratis
Stan du Plessis, Sampie Terblanche, Braam Hanekom
Gespreksleier: Johan van der Merwe

Is geloof die opium vir die volk wat die armes moet paai met ’n belofte van ’n beter hiernamaals? Of is geloof eerder die kaartjie na ongekende voorspoed en rykdom? Of as God dan ’n God is wat “op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte” (Belhar-belydenis) is, wat vra dit van gelowiges en het die kerk enige geloofwaardigheid in hierdie verband?