WORD DEEL VAN DIE SEWE WEKE PROSES VAN 2018

Met hierdie Sewe Weke-reis wil ons as gemeentes saam op reis gaan en weer opnuut die krag van die Bybel as God se Woord vir ons daaglikse lewens ontdek.

Kom saam met ons op hierdie Sewe Weke-reis en ontdek die Bybel…

….as Spieël

….as Stem

….as Balsem

….as Skat en Wet

….as Bril en Lamp

….as Swaard

….as Anker

HOE GAAN ONS DIT DOEN?

  • Elke week se Skrifgedeelte(s) wil jou laat nadink oor ’n spesifieke metafoor vir die Bybel en hoe dit ons daaglikse lewens wil vorm en beïnvloed.
  • Jy word aangemoedig om daagliks individueel stil te word voor God aan die hand van die teks met behulp van die Lectio Divina-metode.
  • Ons kom weekliks in kleingroepe en/of as families
  • Op Sondae vier ons as gemeentes die teksgedeelte/s saam in die erediens.

Vir verdere navrae kontak gerus die kerkkantoor by 021 883 3458 of Marié Britz by 084 515 1629 of epos na marie@moederkerk.co.za