NG Kerk Stellenbosch (Moederkerk | Kruiskerk)

 VAKATURE:  VYFDE LERAAR

 

In biddende afhanklikheid van die Here maak die Kerkraad hierdie vakature bekend.

Gemeenteprofiel

Stellenbosch Moedergemeente is ’n gestuurde gemeente wat bestaan uit ’n gevestigde komponent van ongeveer 2200 belydende en 800 dooplidmate en ook ’n studente-komponent van ongeveer 2500 studente. Wat die gevestigde komponent van die gemeente betref, is daar ’n sterk toename in jong families wat by die gemeente inskakel.  Die studente-komponent se aktiwiteite word bestuur deur die studente self onder die naam van die CRUX Studentebediening

As ’n makrogemeente is ons eredienste vir ons krities belangrik as die weeklikse toerustings- en vieringsgeleenthede van die gemeente.  Eredienste in ’n meer klassieke styl word in die historiese Moederkerk-gebou gehou en eredienste in ’n kontemporêre styl word in die Kruiskerk (die ou Studentekerk) gehou.  Daarbenewens het die gemeente ook Tienerdienste en meditatiewe eredienste. 

Die kernfasette van die gemeente se visie en bedieningsplan is Versorging, Toerusting en Bediening.  Moedergemeente se visie is om vir God ’n Rivier van Lewende Water te wees.  Die CRUX Studentebediening sluit hierby aan deur hulle leuse om Toegerus vir die Lewe te wees en deur die verskeidenheid van aksies waardeur hulle ’n verskil in die wêreld maak.

Die gemeente het vier ander voltydse leraars, ‘n pastorale hulp wat veral vir senior lidmate verantwoordelik is, ‘n jeugwerker vir die tieners en ’n hele aantal administratiewe en ander bedieningsposte.   

Meer inligting oor die gemeente is te vinde by
www.moederkerk.co.za en www.kruiskerk.com

Leraarsprofiel

Daar word gesoek na ’n persoon wat

  • Vanuit ’n entoesiastiese verhouding met die Here leef
  • Met deernis na mense omsien
  • Sal fokus op die studentebediening in die gemeente
  • Teologies goed onderleg is ten einde gemaklik met geloofsvrae te kan omgaan en die Woord aktueel en met intellektuele integriteit te kan bedien
  • Energiek is en ’n natuurlike aanvoeling het vir studente se leefwêreld
  • Kreatief kan kommunikeer en ongeforseerd gebruik maak van tegnologie en sosiale media
  • ’n Begaafde spreker en prediker is wat ’n makro-gemeente se eredienste gemaklik kan hanteer
  • Goed in ’n span en ’n geordende werksomgewing kan funksioneer en op sinergie ingestel is
  • Bewys kan lewer van die deurvoer van idees en inisiatiewe na werkbare en volhoubare resultate
  • ’n Duidelike en passievolle gerigtheid het op die verskil wat die plaaslike kerk in die gemeenskap kan maak en studente daartoe kan mobiliseer
  • Verkieslik in die ouderdomsgroep 30 tot 40 val en oor gemeente-ervaring beskik
  • Gemaklik in Afrikaans én Engels kan kommunikeer

Vergoeding:     ‘n Mededingende pakket met die sinodale skaal as riglyn sal onderhandel word

Aansoeke:       ‘n Volledige CV (met besonderhede van minstens drie referente) moet die Kerkkantoor bereik voor of op 24 Maart 2014.

Rig die aansoek aan:

Die Voorsitter
Pre-Advieskommissie
Drostdystraat 2
Stellenbosch
7600

Of per e-pos aan kantoor@moederkerk.co.za

Navrae:

Maritha Kotze (Administratiewe Bestuurder),
kantoor@moederkerk.co.za of 021 883 3458 (kantoor-ure)

Hennie Dippenaar (Voorsitter: Pre-Advieskommissie),
dippenaar@telkomsa.net of 079 696 6185

NOMINASIES DEUR LIDMATE

 

Lidmate word hiermee uitgenooi om iemand te nomineer vir die vakature vir die vyfde leraarspos vir Moedergemeente/Kruiskerk. Die beroeping vind waarskynlik plaas in Junie 2014. Lidmate wat iemand wil nomineer moet dit asseblief op die vorm op die agterkant doen en die nominasievorm by die Kerkkantoor inhandig. Die keerdatum vir nominasies deur lidmate is Maandag, 24 Maart 2014. Lidmate word opgeroep om reeds van nou af volhardend voorbidding te doen vir die Here se besondere leiding in die hele beroepsproses.  Lidmate word gevra om profiel hierbo, wat verband hou met die huidige behoeftes en situasie in die gemeente, in ag te neem wanneer iemand vir die pos genomineer word.

NOMINASIEVORM

Naam en van 

Gemeente waar die persoon tans is

Kort motivering waarom u meen die persoon aan die vereistes voldoen

Is die persoon beskikbaar vir die pos

Genomineer deur
(naam en van)

Telefoon nommer

 

Handtekening

 

 

LET WEL  Dit is u verantwoordelikheid om te sorg dat die persoon vir wie u nomineer voor Maandag 24 Maart 2014 ’n volledige CV met die name van minstens drie referente stuur aan: Die Voorsitter, Pre-Advieskommissie, Drostdystraat 2, Stellenbosch, 7600, of e-pos aan kantoor@moederkerk.co.za