GROOT LYDENSWEEK: Ons nooi elkeen uit om die komende week by die Groot Lydensweek in te skakel (met die oploop na Goeie Vrydag, Stil Saterdag en Paassondag). Vanaf Maandag tot Donderdag sal daar elke aand om 18:00 ‘n meditasie in die kerkgebou aangebied word. Jy hoef nie vir hierdie eredienste te bespreek nie. Dit sal ook regstreeks uitgesaai word op ons YouTube-kanaal.

Maandag 29 Maart 18:00
Prediker: Jan van Zyl
Teks: Johannes 12:1-11
Tema: Jesus word in Betanië met nardusolie gesalf.

Dinsdag 30 Maart 18:00
Prediker: Angelique Havenga
Teks: Johannes 12:20-36
Tema: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie…

Woensdag 31 Maart 18:00
Prediker: Jan van Zyl
Teks: Johannes 13:21-32
Tema: Jesus wys sy verraaier aan.

Donderdag 1 April 18:00
Prediker: Angelique Havenga
Teks: Johannes 13:1-17, 31b-35
Tema: Jesus was die voete van sy dissipels.

*Indien jy vanaf die huis inskakel is jy welkom om die volgende vir die week se meditasies byderhand te hê:
Maandag: ‘n Bakkie olyfolie.
Dinsdag: ‘n Paar droë takkies.
Woensdag: ‘n Spieël.
Donderdag: ‘n Bak met water.

Ons Goeie Vrydag erediens sal om 09:30 in die kerkgebou plaasvind. Op Paassondag is die Tuindiens om 06:00 en die Opstandingsdiens om 09:30 in die kerkgebou. Kliek gerus op die skakels om te bespreek vir Goeie Vrydag en Paassondag.