August Basson: AIM (Africa Inland Mission) & Growing Nations
Hier volg ‘n paar brokkies inligting oor ons doen en late die afgelope maand. Ek is toe ook deur Covid platgetrek maar het baie mooi herstel en is weer volstoom aan die gang. Anita en al die ander mense wat in kontak met my was is gesond. Die werk bly ‘n groot uitdaging. Ek kon een besoek aan Lesotho bring voor die lockdown, maar nie weer daarna nie. Ek bly in kontak met my jongmense in die veld en hulle is almal volstoom aan die werk.
Ek moet binne die volgende maand ‘n kerk in Botswana gaan besoek, Die besoek is ook nou al vir maande uitgestel, maar moet nou dringend plaasvind. Ons probeer Orateng tot in Mosambiek skuif om sy werk daar te begin.
Ons salaris is reeds met 40% gesny agv van verlaagde ondersteuning. Op die staduim hou ons kop bo water. ‘n Mens besef maar net vele mense trek bitter swaar op die staduim Dankie vir julle volgehoue ondersteuning. Dit word waardeer. Ons hoop om binne die volgende maand ons huis te begin bou. Dit sal die eerste plekkie wees wat ons sin is en ons sien geweldig uit daarna. Met ons kinders gaan alles baie goed. Almal het werk en is gesond.
Bid saam met ons vir die volgende:
Ntsioua werk in Malawi vir die afgelope 2 jaar en wil graag vir ‘n paar maande terug kom Lesotho toe. Bid vir moontlikhede vir haar om te reis. Die grense is nog toe vir bus vervoer. Neo trek betjie swaar in Kenya. Sy mis Lesotho en haar mense. Bid vir haar effektiwiteit om sendelinge in die veld te ondersteun en haar betrokkenheid in ons kantoor daar. Tanki is ‘n nuwe sendeling met wie ons ‘n pad stap. Hy woon in Lesotho en ons probeer hom help om sy roeping ‘n realiteit te maak.