
Visie
Ons Stellenbosch Moedergemeente wil in afhanklikheid van God ‘n Rivier van Lewende Water wees.
Ons bely dat
Jesus Christus die lewende water
God die Vader die oorsprong en
die Heilige Gees die vernuwende krag is.
Ons bid dat hierdie lewende water soos ‘n bruisende stroom deur ons gemeente sal vloei en wyd sal vertak om die gemeenskap en die wêreld te reinig, lewe te gee, en hoop te bring.
Waardes
In Moedergemeente strewe ons daarna om in die lig van God se Visie vir ons gemeente
- entoesiastiese gelowiges te wees wat leef vanuit ‘n lewende verhouding met God
- oop te wees vir die leiding van die Heilige Gees
- te lewe vanuit ‘n persoonlike roeping om diensbaar te wees
- as rentmeesters ons tyd, geld en gawes diensbaar te stel vir die Koninkryk van God
- betrokke te wees by mekaar se lewe en mekaar se pad saam met die Here

Drie Kernfasette
Versorging
Om elke lidmaat in die gemeente (juis ook nuwe lidmate!) te laat tuiskom in die gemeente, die ervaring van “behoort” te gee en die geleentheid te gee om geestelik versorg te word
Toerusting
Om aan elke lidmaat die geleentheid te gee om toegerus te word sodat hy en sy hulle roeping as Christene binne en buite die gemeente werklik kan leef
Bediening
Om op ‘n dinamiese manier bedieninge in die gemeente tot stand te bring waardeur lidmate hulle roeping en diensbaarheid kan uitleef en ons ‘n verskil kan maak in die gemeenskap en wêreld waarin ons leef