Hoe word ek toegerus?

Ons wil aan elke lidmaat die geleentheid gee om toegerus te word, sodat hy en sy hulle roeping as gelowiges binne en buite die gemeente werklik kan uitleef.

IN DIE EREDIENS

Die eredienste is die weeklikse vierings- en toerustingsgeleenthede in die gemeente. Ons verstaan die doel van die eredienste as die viering van ons verlossing in Jesus Christus en die toerusting om uit te gaan en as verloste mense te leef en te dien (Ef. 4:1 en Fil. 2:12-13). Hou die goeie gewoonte vol om nie hierdie gesamentlike byeenkomste “af te skeep” soos Heb 10:25 dit stel nie.

DEUR KURSUSSE EN GESPREKSGELEENTHEDE

Deur ‘n verskeidenheid van kursusse, gespreksgeleenthede en toerustings-geleenthede word lidmate begelei en toegerus om hulle geloof en roeping as Christene en lidmate prakties te kan uitleef. Enkeles daarvan is Bybeloggende en Bybelaande op Woensdae, gesins– en ouerskapskursusse, doopgesprekke, huweliksvoorbereidingskursusse, en emosionele intelligensie.