Ons moedig lidmate aan om ook deur die gee van ‘n gereelde dankoffer deel te wees van die bediening van die gemeente en die uitleef van ons visie.
• Daar is koeverte in al die portale van die kerkgebou wat vir hierdie doel gebruik kan word.
• Al meer lidmate verkies om hul dankoffer deur middel van ‘n gereelde elektroniese oorbetaling te doen. Ons moedig dit graag ook aan.
• Jy sou ook by die bank kon reël vir ‘n gereelde aftrekorder indien jy nie van ‘n elektroniese bankdienste gebruik maak nie.
Op die eerste Sondag in September vier die gemeente Dankfees. Die hele September is Dankfeesmaand en lidmate word aangemoedig om ’n spesiale dankoffer dan te gee.
WAAROM DANKOFFER GEE?
• Jy sê so dankie!
• Jy leer om van God afhanklik te lewe.
• Jy belê in God se Koninkryk en word `n vennoot daarin.
• Jy wys aan watter geloofsgemeenskap jy jouself verbind.
WAT Sê DIE BYBEL?
“Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie.”
(1 Kor. 16:2)
“Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”
(2 Kor. 9:7)
“As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie. Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees, moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.”
(2 Kor. 8:12-14)
“Dit gaan vir my egter nie om die gawe nie, maar om die vrug daarvan: daardeur word julle self ryker. Julle gawe is voor God ‘n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig. En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.”
(Filip. 4:17,19)
“Wie is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.”
(1 Kron 29:14)
MOEDERGEMEENTE SE REKENINGBESONDERHEDE
REKENINGNAAM:
NG Kerk Stellenbosch
BANK:
Nedbank (Business Winelands)
TAKKODE:
149821
REKENINGNOMMER
(Tjek): 1498043232