
In Moedergemeente heg ons groot waarde aan die doop as die genadeteken van God dat Hy ons as sy kinders neem. Ons weet aan Wie ons behoort, Wie S’n ons is – dit sê my doop. By elke doop oorhandig ons aan die ouers namens die gemeente ‘n Bybel en ‘n doopkersie. Die doopkersie is ‘n ou gebruik uit die vroeg-Christelike kerk. Die gedagte is om na behoefte, maar veral ook met die herdenking van die doopdatum, die kersie aan te steek as ‘n herinnering aan my doop en ‘n herinnering dus Wie S’n ek is.
Die doop vind in Moedergemeente in die reël op die eerste Sondag van die maand plaas. Gaan die kalender na vir die presiese datums. Uitsonderings vir doop op ander Sondae word slegs in skoolvakansies gemaak.
Stel asseblief die kerkkantoor ‘n maand vooraf reeds in kennis van die beoogde doop.
KLIEK HIER VIR DIE VORM WAT AAN DIE KERKKANTOOR GESTUUR MOET WORD.