Belydenisgroep met die oog op belydenisaflegging

Die belydenisgroep word gekoördineer deur ons tienerleier, Lionel Hutton (lionel@moederkerk.co.za).  Die groep word ook verdeel in kleiner groepe onder leiding van geestelik volwasse studente en werkende jongmense as “mentors”.

Die groep kom Sondae 17:30 in die Foyer van die Hofmeyrsaal bymekaar. Daarna kan hulle aansluit by die jeugdiens om 18:00.

Belydenisaflegging vind in graad 12 plaas

Daar is vier geleenthede in die jaar waar dit kan plaasvind.

So werk die prosedure:

Matrieks moet minstens drie weke voor die belydenisdatum ‘n afspraak met ds Jan van Zyl maak vir ‘n gesprek. Hiermee saam moet jy ‘n brief inhandig waarin jy sê hoekom jy belydenis van geloof wil aflê asook iets van jou geloofsreis deel. Jou ouers handig ook ‘n kort brief in waarin hulle hul ervaring van jou geloofsreis deel.

Jeugdiens (Gr 7-12)

Sondagaande om 17:30 in die Hofmeyrsaal