Kliek hier om die vorm vir die besonderhede van nuwe lidmate af te laai.

Wat beteken lidmaatskap van Moedergemeente?

Ons visie om as gemeente ‘n Rivier van Lewende Water te wees, het implikasies vir hoe ons dink oor lidmaatskap:

Ons verstaan lidmaatskap nie
  • as ‘n bloot formele of historiese verbintenis aan die NG Kerk nie
  • dat ek lidmaat van die gemeente is bloot omdat ek by ‘n bepaalde adres woon nie
Ons verstaan lidmaatskap eerder
  • as ‘n keuse wat ek maak om my Christenskap en roeping deur hierdie gemeente uit te leef
  • as ‘n verbintenis wat ek maak om betrokke te wees in die gemeente en
  • om my diensbaarheid aan die Here in die gemeente in die samelewing uit te leef
Ons doel as gemeente
  • is nie bloot om ‘n klompie gemeente-aktiwiteite in stand te hou of uit te bou nie
  • maar is om as gelowiges en as gemeente in die krag van die Gees regtig ‘n verskil te maak in die samelewing
  • waarin die Here ons geplaas het, sowel persoonlik as gesamentlik