Dankofferfees: Eerstens wil ek graag namens die Kerkraad vir een en almal hartlik bedank vir jul volgehoue ruimhartige ondersteuning van Moederkerk en Kruiskerk, ten spyte van die groot eise wat die pandemie die afgelope 18 maande aan ons almal gestel het.

Tweedens: Septembermaand is Dankfeesmaand. Ons doelwit vanjaar is R2.5 miljoen, dieselfde bedrag wat verlede jaar bygedra is. Ek wil graag voorstel dat elkeen dit biddend sal oorweeg om ‘n bydrae te maak – hoe groot of hoe klein ook al – sodat ons vanjaar weer hierdie uitdagende doelwit kan bereik.

Baie dankie by voorbaat!
Niel Krige (Voorsitter: Finansbediening)