Moederkerk gaan uit van die beginsel dat elke gelowige ‘n gawe of spesiale kundigheid van die Here ontvang het waardeur ons gemeente se STROOM VAN LEWENDE water ten beste deur ons gemeenskap kan vloei. Om hierdie rede word ‘n kursus aangebied met die fokus ONTDEK JOU GAWES sodat lidmate, oud en nuut, van voor af kan nadink oor die spesiale gawe wat hulle ontvang het en waardeur hulle vir die Here kan dien.