Die kampe-bediening neem verantwoordelikheid vir die organisering van die jaarlikse eerstejaarskampe en is ook gedurende die jaar beskikbaar om van hulp te wees met die reël van kampe.
Kontakpersoon:
Dawfré Theron
082 899 3959 (sel)
E-pos: kamp@moederkerk.co.za
Atlete vir Christus is ‘n uitreik-aksie wat deur die jaar byeenkom en gedurende die Junie/Julie-vakansie deur Suid-Afrika toer. Die aksie bestaan uit ‘n groep atlete, ‘n sanggroep en drie persoonlike werkers. Atlete het ‘n tweeledige doel: eerstens hardloop, sing en gesels hulle Christus; en tweedens samel hulle fondse in vir Bybelmedia vir ‘n spesifieke Bybelstudiegids vir mense in gevangenis. Gedurende die toer word daar gewoonlik ook ‘n aantal tronke besoek en tree die groep op in die gemeentes waar die span oornag.
KLIEK HIER VIR ATLETE SE JONGSTE NUUSBRIEF MET INLIGTING OOR DIE JULIE 2012 TOER
Kontakpersone:
Marnu Meyer
073 276 5179 (sel)
E-pos: 16652010@sun.ac.za
Jeanette Marais
072 012 1304 (sel)
E-pos: 16105923@sun.ac.za
TRAP DER JEUG
Trap der Jeug bring elke jaar ‘n drama en dans produksie op die planke waarmee hulle jongmense in gemeentes in die Wes-Kaap bedien. Hulle het hiermee saam ‘n jaarlikse fondsinsameling vir drie kinderhuise in die Wes-Kaap naamlik Wellington (Andrew Murray), Robertson (Herberg) en Durbanville. Die span vergader elke Sondagaand om saam Bybelstudie te hou. Hulle toer na die November-eksamens met fietse na die kinderhuise en die skoolverlaterskampe en bedien die kinders en jongmense met hulle produksie en getuienisse.
Kontakpersoon:
Marthinus van Niekerk
082 077 6146 (sel)
E-pos: 16702972@sun.ac.za
OXLOS
Oxlos is ‘n uitreikaksie wat hoofsaaklik deur dans en verwante produksies die Koninkryk van God wil uitbrei. Oxlos-oudisies vind aan die begin van elke jaar plaas en betrokkenheid by die span vereis ‘n jaar se “commitment”. Die groep tree gedurende die jaar by gemeentes in die Wes-Kaap op en toer in die Desember-vakansie met hulle produksie na die strandoorde in die Suid-Kaap.
Kontakpersone:
Jonathan Black
082 824 1091 (sel)
E-pos: oxlosdans@gmail.com
CANTICUM NOVUM
Canticum Novum is die Kerkkoor van Moedergemeente. Canticum Novum tree gereeld by die eredienste op en ons moedig jonger lidmate aan om hierby in te skakel. Daar is ook elke jaar ‘n geleentheidskoor waar ouer lidmate ook deel word van Canticum.
Kontakpersone:
Suria Burger
084 251 1747 (sel)
E-pos: suriaburg@gmail.com
Rainier Rademan
079 872 2590 (sel)
E-pos: r.rademan@yahoo.com
TRANSKEI WERKERS-AKSIE
Hierdie is een van die oudste aksies van die studente wat gedurende die Junie/Julie-vakansie uitreik na die voormalige Transkei (nou Oos-Kaap). ‘n Winterskool word aangebied vir matriekleerders in Cala terwyl ander spanne bou- en herstelwerk by sendingstasies gaan doen.
FUNDA FUNDISA
Funda Fundisa, “teach and learn”, is ‘n projek waar studente leerders van Kayamandi Hoërskool met ekstra klasse in Wiskunde, Engels en Biologie help. Dit is egter meer as net onderrig-verhoudinge tussen die studente en skoliere. So word kulturele mure tussen Kayamandi en Stellenbosch afgebreek.
Kontakpersoon:
Cat Clarke
E-pos: fundafundisa@live.co.za
F.L.O.G. (For The Love Of God)
F.L.O.G. help een behoeftige skooltjie per jaar, waar hulle help om soveel moontlike fisiese werk te doen, aandag en liefde te gee en ‘n groot Kerspartytjie aan die einde van die jaar te hou.
Kontakpersoon:
Anike Weyers
072 472 9923 (sel)
E-pos: anikeweyers@yahoo.com
KERUGMA
Kerugma is ‘n tweede musiekgroep (naas die musiekgroep wat die lofprysing tydens die Kruiskerk aanddienste lei) wat by buite-geleenthede (soos huiskerke, kampe en feeste) optree en lofprysing lei.
Kontakpersoon:
Stiaan Gerber
083 679 9930 (sel)
E-pos: sgerber@sun.ac.za