CRUX PORTEFEULJES: VOORSITTER
Hierdie bediening dien as kontak tussen verskillende studentebedieninge, en fasiliteer samewerking met ander bedienings binne die gemeente, asook die vestiging van nuwe studentebedieninge
Kontakpersone:
Dawfré Theron
082 899 3959 (sel)
E-pos: dawfre@moederkerk.co.za
EREDIENSKOöRDINEERDER
Studente dra tot ‘n groot mate by tot die inhoud van eredienste, veral by die Kruiskerk sentrum. Hierdie bediening bied ‘n forum waardeur studente kan bydra tot die erediens, en werk nou saam met die erediensbediening.
Kontakpersoon:
Dawfre Theron
082 899 3958 (sel)
E-pos: dawfre@moederkerk.co.za
AKSIES
Verskeie van die gemeente se getuienisbedieninge is hoofsaaklik studentgedrewe. Die Aksies-koördineerder ondersteun hierdie bedieninge, en dien as skakel met die breë studentebediening en CRUX.
Kontakpersoon:
Dawid Saayman
072 560 8399 (sel)
E-pos: dawidsaay@gmail.com
KOSHUIS-VERTEENWOORDIGER
Die gemeente handhaaf ‘n aktiewe teenwoordigheid in die koshuise en privaatwyke van Stellenbosch. Hierdie bediening dien as kontak met hierdie verteenwoordiger.
Kontakpersoon:
Michiel Engelbrecht
083 281 2224(sel)
E-pos: 16173163@sun.ac.za
GASVRYHEID
Die sosiale bediening sorg vir verversings na afloop van eredienste by die Kruiskerk sentrum, en betrek ook studente in die gemeente deur allerlei items op die sosiale kalender, o.a. die jaarlikse bal.
Kontakpersoon:
Gert Oosthuizen
079 057 4860 (sel)
E-pos: 15743373@sun.ac.za
BEMARKING
Hierdie kreatiewe en energieke bediening maak seker studentebediening is sigbaar is binne en buite die gemeente deur studente ingelig te hou oor die bediening se aktiwiteite deur Facebook, Twitter en die webtuiste.
Kontakpersoon:
Burger Le Roux
072 377 4500
E-pos: 15617491@sun.ac.za
KLEINGROEPE
Die versorging van studente binne kleingroepe word gefasiliteer deur hierdie bediening, in noue samewerking met die gemeente se breë kleingroepe bediening.
Kontakpersoon:
Marié Britz
084 515 1629 (sel)
E-pos: marie@moederkerk.co.za