EKOLOGIE-BEDIENING

Christene moet groen wees! Ons bely immers dat ons glo in die Skepper van die hemel en die aarde. Hierdie bediening reël gesprekke oor ekologiese sake en bevorder die algemene bewuswording in die gemeente en gemeenskap van omgewingsbewaring.
Kontakpersoon:
Johan van der Merwe

082 940 3319 (sel)
E-pos: johan@moederkerk.co.za

 

HISTORIESE BEDIENING

Hierdie groep beywer hulle vir:
(a) Navorsing oor ons kulturele en geestelike erfenis
(b) Ordening van inligting en voorwerpe in ‘n gemeentelike argief
(c) Uitstallings wat die storie van die gemeente visueel vertel.
As ‘n bediening glo ons dat ons gemeente se verlede steeds vir ons huidige en veral die toekomstige geslagte ‘n aansporing tot dienslewering en hoër doelwitte kan wees.

Besoek gerus ons Moederkerk Museum op die galery in die kerkgebou.
Kliek HIER vir meer inligting oor die museum en die inwydingsfunksie (6MB pdf).

Kontakpersoon:
Johan Krige
021 883 8445 of 084 683 8445 (sel)
E-pos: info@caledonvilla.co.za