KOÖRDINERING
Die gemeenskapsbediening vorm ‘n netwerk met al die gemeenskaps-organisasies op die dorp via die Stellenbosch Welsynsorganisasie Koördineringskomitee (SWOKK) en dupliseer nie werk wat reeds gedoen word nie. Daarby gaan ons gemeenskapsbediening ook vennootskappe aan met ander gemeentes en denominasies. Waar ‘n bepaalde behoefte bestaan waar nog geen werk gedoen word nie, sal Moedergemeente inisiatief neem.
Kontakpersoon:
Johan van der Merwe
082 940 3319 (sel)
E-pos: johan@moederkerk.co.za
KOÖRDINERING
Die gemeenskapsbediening vorm ‘n netwerk met al die gemeenskaps-organisasies op die dorp via die Stellenbosch Welsynsorganisasie Koördineringskomitee (SWOKK) en dupliseer nie werk wat reeds gedoen word nie. Daarby gaan ons gemeenskapsbediening ook vennootskappe aan met ander gemeentes en denominasies. Waar ‘n bepaalde behoefte bestaan waar nog geen werk gedoen word nie, sal Moedergemeente inisiatief neem.
Kontakpersoon:
Johan van der Merwe
082 940 3319 (sel)
E-pos: johan@moederkerk.co.za

VRYGEWIGHEIDSBEDIENING
‘n Bediening wat ‘n kanaal in stand hou waardeur mense artikels kan skenk wat dan deur die bediening gegee word waar dit nodig is. Die bediening het ‘n hele netwerk met die welsynsorganisasies en kerke op Stellenbosch en is sodanig in kontak dat hulle bewus is van spesifieke behoeftes.
Kontakpersoon:
Amanda Visser
021 886 4157 of 082 554 8589 (sel)
E-pos: amanda@visseronline.com
GEMEENSKAPSBEDIENING: KAYAMANDI
Hierdie bediening het twee fasette, NAAMLIK:
1. Huisbesoeke
Hierdie bediening koördineer huisbesoeke in Kayamandi saam met ‘n maatskaplike werker van Kindersorg aan mense wat by Kindersorg vir hulp aanmeld. Met ‘n holistiese benadering word na die situasie gekyk, soms voorstelle gemaak, hulp aangebied en gewoonlik ‘n kospakkie gegee. Wat die inhoud van die kospakkies betref is baie raad eers ingewin en dit word deur spesifieke gemeente bydraes befonds.
Kontakpersoon:
Audrey van Wijk
082 294 1813 (sel)
E-pos: audreyvanwijk@gmail.com
2. Moedergemeente beursfonds
Die Moedergemeente Beursfonds raak betrokke by leerders van Kayamandi Hoërskool. Leerders word identifiseer wat hulp met skoolfonds benodig en daaruit groei verhoudinge. Tans ondersteun die gemeente ook studente uit Kayamandi by verskillende universiteite, wat volg uit ons vroeëre betrokkenheid by hulle sekondêre opvoeding.
VIR VOLLEDIGER INLIGTING OOR DIE BEURSFONDS, KLIEK HIER
Kontakpersoon:
Jo-Marié Claassen
073 441 9370 (sel)
021 883 2956 (h)
E-pos: jmc@adept.co.za
VOEDINGSAKSIE
Moedergemeente het ‘n besondere band met die Stellenbosch Voedingsaksie. Hierdie welsynsorganisasie voorsien al meer as 10 jaar voedsel op ‘n daaglikse basis op verskillende bedieningspunte in die gemeenskap. Wyke en indiwidue in die gemeente is beide op operasionele en bestuursvlak by hierdie aksie betrokke, onder meer met groenteverwerking, vervoer en bediening.
Kontakpersoon:
Liesel Koen
071 322 0747 (sel) of 021 886 8986
E-pos: voedingsaksie@telkomsa.net
NAALDWERKPROJEK
Die Naaldwerkprojek is ‘n gesamentlike projek van Moedergemeente en Stellenbosch-gemeente. Dit fokus op die opleiding van vroue in Kayamandi. Hulp word benodig vir die aanbied van kursusse of ondersteuning op verskillende vlakke.
Kontakpersoon:
Jo-Mariè Claassen
021 883 2956
E-pos: jmc@adept.co.za
ANNA FOUNDATION
ANNA FOUNDATION doen holistiese en opvoedkundige programme met kinders op plase in die Stellenbosch omgewing. Die programme bestaan sentraal luit 3 R’e: “Reading, Running en Right-ing”. Laasgenoemde behels lewensvaardighede wat kinders nodig het vir die lewenspad.
Kontakpersoon:
Anna Brom
082 857 1538 (sel)
E-pos: anna@annafoundation.com
Webwerf: www.annafoundation.com
NOAH-BEDIENING
Die gemeente is deurlopend betrokke by die Noah-dienssentrum vir seniors in Cloetesville. Daar word veral gefokus op handvaardigheids-projekte.
Kontakpersoon:
Pinnie Vosloo
084 571 6343 (sel)
JOY BRACELET
Die Vreugde armbandjie-projek is gebore uit dankbaarheid (lees die storie op ons webwerf). Die armbandjie is ontwerp as ‘n herinnering om die vrugte van die Gees uit te leef. Dit is ‘n bediening wat werk skep sowel as wyd en syd bemoedig.
Kontakpersoon:
Nelia Hoogenhout
082 340 5954 (sel)
E-pos: nelia.h@absamail.co.za
Webwerf: www.joybracelet.co.za
STRAATLIG
Straatlig reik uit na die mense wat op Stellenbosch se strate, asook by die Nagskuilings, woon. Die visie van die groep is om God se lig en liefde uit te dra en om hoop te bring aan mense wat stukkend is, minderwaardig voel, verslaaf is en sonder hoop leef.
Aktiwiteite sluit in: bybelstudiebyeenkomste, uitreik op straat met koffie en broodjies, werkskeppingsprojekte, aktiwiteite met kinders (veral kinders wie se ouers haweloos is/was), ensovoorts.
Verhoudings word gebou en hulp word verskaf n.a.v. die behoeftes wat identifiseer word.
Kontakpersoon:
Ruben Scheepers
084 547 1143 (sel)
E-pos: ruben@straatlig.org
Webwerf: www.straatlig.org