HUWELIKSVOORBEREIDING

Huweliksvoorbereidingskursusse word aangebied waar voornemende paartjies geleentheid gebied word om met ander in dieselfde posisie vriendskappe te vorm, verwagtinge met mekaar te deel en vaardighede aan te leer vir suksesvolle huwelike. Die kursus strek oor 7 weke en word op ‘n Dinsdagaand van 19:00 tot 21:00 aangebied, gewoonlik gedurende Augustus/September. Die onderwerpe wat gedek word sluit in “Leaving and cleaving”, rolle in die huwelik, finansies, persoonlikhede (insluitend afneem van Myers-Briggs toetse op deelnemers en bespreking daarvan), kommunikasie en konflik, seksualiteit en geestelike intimiteit.

Kontakpersoon:
Tertius de Wet
021 808 3242 (w) of 083 625 0505 (sel)
E-pos: tdewet@sun.ac.za

JONG GETROUDES

Jong getroudes gaan op huweliksverrykings-naweke en vorm omgeegroepe waarin hulle mekaar versorg. Geleenthede word geskep waar jong getroudes mekaar kan leer ken, ervarings omtrent die huwelik met mekaar kan deel en saam kan groei in hul huwelike. Die vorm van kleingroepe waarin jong getroudes mekaar kan versorg, toerus en aanspoor geniet hoë prioriteit.

Kontakpersoon:
Marié Britz
084 515 1629 (sel)
E-pos: marie@moederkerk.co.za