PEUTER- (2-4 jariges) EN KLEUTERKERK (5-6 jariges)
Die 2-4 jariges (Peuters) en die 5-6 jariges (Kleuters) kom gedurende die skoolkwartaal na die Kerkhuis (langs die Kerkgebou). Die Peuters is bo in die Kerkhuis, en die Kleuters is onder. Hierdie bediening se droom is om kinders van geboorte af al tuis te laat voel in Moedergemeente as ‘n liefdevolle geloofsgemeenskap.
Kontakpersone:
Trudie Sandrock (peuters)
076 688 2593
E-pos: sandrock.trudie@gmail.com
Martjie Malan (kleuters)
078 364 5932
E-pos: Martjie11@gmail.com
JUNIOR KATEGESE (Gr 1-6)
Grade 1 tot 6 kom in die kerk bymekaar, en gaan dan na die Hofmeyrsaal.
Koördineerder:
Jan Coetzer
071 107 4234
E-pos: jancoetzer@moederkerk.co.za

SENIOR KATEGESE (Gr 7-12)
UP (Unplugged) is die naam van Moedergemeente se tienerbediening! Ons jongmense (Gr 7-12) kom normaalweg elke Sondag 18:30 in die Hofmeyrsaal bymekaar vir ‘n erediens in eie idioom. Die graad 11’s (“Belydenisgroep”) kom Sondae om 17:30 bymekaar by die Hofmeyrsaal in Kerkstraat. Woensdae kom jongmense van reg oor die dorp bymekaar vir die weeklikse Koffiekroeg om 19:00 – ook in die Hofmeyrsaal. En kyk uit vir ons kampe reg deur die jaar! Kom wees deel van die mees epic jeugbediening in Stellenbosch.
Koördineerder:
Amos Petersen
076 191 8867
E-pos: amos@moederkerk.co.za
BELYDENISGROEP
Die graad 11 belydenisgroep word deur Jan van Zyl gelei in ‘n soort “Bybelskool”-formaat. Die groep word in kleiner groepies verdeel met jong volwasse “mentors” wat ‘n pad met 5-7 van die jongmense stap.
Kontakpersoon:
Jan van Zyl
082 871 3155
E-pos: jan@moederkerk.co.za