Skip to content
ONS WÊRELD
- Bid vir God se Skepping, veral ook na aanleiding van verlede week se 7 Weke gedeelte. Bid in die besonder vir die natuur wat God geskep het en waaroor hy ons as rentmeesters aangestel het. Maar, bid vir ‘n omkeer in die vernietigende wyse waarop ons met die natuur omgaan. So pas is nuwe navorsing bekend gemaak oor die snelle agteruitgang in groot eko-stelsels, soos byvoorbeeld die reënwoude, en dat sodanige stelsels baie vinniger agteruitgaan as kleiner stelsels. Voorbeelde daarvan is die Karibbiese koraalriwwe wat binne 15 jaar kan verdwyn en die Amasone reënwoude binne 49 jaar. Bid dat die wêreld sal besef wat ons besig is om aan God se Skepping te doen en in diepe afhanklikheid sal meewerk om dit teë te werk.
admin2020-03-13T09:12:42+00:00
Page load link