Ons is beginners, ons leer maar nog, maar ons wil graag juis as gemeente van die Here sy Skepping oppas.  Ons is bekommerd oor ons aarde.  Joh 3:16 sê God het die “kosmos” so lief gehad dat Hy sy Seun gegee het.  Wat kan ons doen?  Op hierdie bladsy begin ons ‘n paar bronne bymekaar trek en ons verwelkom voorstelle.

Ons nooi graag ander gelowiges en eko-organisasies om met ons hande te vat.  Ons sal graag ‘n meer eko-vriendelike kerk wil word.  Ons sal ook graag wil deelneem aan die bewusmaking van ons aarde se nood en ander soos onsself uitdaag om iets daaraan te doen.

http://wwf.panda.org/about_our_earth/all_publications/living_planet_report/living_planet_report_graphics/ is ‘n uitstekende, interaktiewe bron om inligting te kry.  Hieronder kan jy ook interaktief kyk waar lande ten opsigte van mekaar staan wat hulle koolstofvoetspoor betref.  Tik gerus “South Africa” in die “search” boksie in.