I.p.v. om hierdie week te fokus op “me”, “me”, “me”, skuif ons die fokus na “we”. Ons doen moeite die week om mekaar raak te sien en konflik op ’n wen-wen manier op te los.
Gewonder of jy ook al gedink het hoeveel makliker dinge sou gaan as dit net jy in die gesin was . . . Jy hoef niemand in ag te neem nie, doen dinge op jou manier, kom en gaan soos jy wil en geen teen stemme wanneer daar besluite geneem moet word nie. In baie gesinne is dit juis een van die grootste bronne van konflik, as jy vergeet dat daar ook ander in die familie is wat in ag geneem moet word! Konflik ontstaan wanneer ons in kompetisie met mekaar is. Kompetisie impliseer dat een gaan wen en die ander verloor. Wanneer ons in kompetisie met mekaar in die familie is, vergelyk ons die heel tyd en probeer jy die ander uitoorlê om eerste te wees en te wen. Jy fokus op jou eie belang, neem nie ander in ag nie en vergeet van waardes soos respek, bedagsaamheid en om as ‘n span saam te werk.
‘n Gesonde familie ontwikkel ‘n oog vir mekaar, begin mekaar raaksien en hoor, en leer ‘n nuwe taal aan – een van inklusiwiteit wat beweeg van “me” na “we”. Wanneer ons begin wegkyk van onsself en die ander begin raaksien, maak ons ook die ontdekking dat daar in sinergie, in samewerking, in “mekaar”groter kapasiteit lê as net in my eie idees.
Praktiese wenke
-
- Wanneer dinge net om myself draai, sien en hoor ek die ander dikwels nie. Maak die week ‘n punt om die “pause”knoppie te druk (sien Familiewenk #3) en elkeen in die gesin raak te sien. Probeer ook minder komentaar lewer en luister wat die ander sê en kyk watter verskil dit in die ander maak.
- In plaas daarvan om alles in jou vermoë te doen om die argument te wen, of jou sin te kry, sit saam om ‘n tafel en kry almal se kreatiewe insette en kyk of julle nie by ‘n wen-wen vir almal kan uitkom nie. Jy sal verras wees deur almal se insette – heel dikwels is die somtotaal van elke indiwidu se inset baie groter en kragtiger as jou eie poging.
- In plaas van die kombuis vir een te los – besluit dat julle as ‘n span gaan saamwerk en kyk hoe vining julle dit speel-speel kan opruim.
- Lees saam 1 Kor 12:19- in die Message
- 19-24 But I also want you to think about how this keeps your significance from getting blown up into self-importance. For no matter how significant you are, it is only because of what you are a part An enormous eye or a gigantic hand wouldn’t be a body, but a monster. What we have is one body with many parts, each its proper size and in its proper place. No part is important on its own.
- Ons betekenis in die gesin lê beslis ook daarin dat ons deel van ‘n groter prentjie is. Sê vir mekaar waarom die ander een belangrik is in julle gesin – iets wat jy waardeer.
- Vertroue en onvoorwaardelike liefde is twee van die kernwaardes om die “ons” in die gesin te laat groei. Jy kan hieraan bou deurdat jy ‘n klein daad van liefde/diens aan elkeen van jou gesinslede die week doen:
- Koffie in die bed
- Maak ‘n broer of suster se bed op
- Bied aan om kos te maak
- Bied aan om die hond se bolle op te tel
- Skryf vir jou ma en pa ‘n briefie om te sê hoe jy hulle waardeer