Sacred Conversations is ‘n kursus bestaande uit drie dele wat deur Trevor Hudson (bekende Metodiste predikant en skrywer) en sy span saamgestel is. Die kursus handel oor die verskillende gesprekke in ‘n mens se lewe.  Ons nooi spesifiek vroue uit Moedergemeente, Stellenbosch Gemeente, Cloetesville, Idasvallei en Kylemore om saam te kom reis.

  • Module 1:  Gesprekke met mekaar.
  • Module 2: My gesprekke met God.
  • Module 3: Gesprekke oor my lewe in God se wệreld.

Sacred Conversations is gemik op gesprekke en hoe ek in ‘n gewone gesprek dieper kan gaan en dit vir die ander persoon ‘n Sacred Conversation kan maak. Dit is ook ‘n baie praktiese kursus met baie interaksie asook uitstekende geleentheid om God se storie in my storie te ontdek.

Praktiese reëlings

  • Een byeenkoms per week vir 6 weke (‘n Sessie duur so twee ure).
  • Maandagaande 18:00 in die Foyer van die Hofmeyrsaal
  • Aanvangstyd: 14 Februarie 2022

Indien jy belangstel, kontak Marie Britz by marie@moederkerk.co.za of kontak Regina Van Zyl by 083 640 3050