1. Stille nag, heilige nag
Jesus kind, lank verwag
Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,
word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!
2. Stille nag, heilige nag,
Hemelvors ons gee ag
op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor:
Juig die Redder is daar!
Juig die Redder is daar!
3. Stille nag, heilige nag,
Jesus, Heer, voor u mag
voor u ryk moet die duisternis swig
tot in ewigheid bly U die lig
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!