Stola simboliek

Die kleure wat gebruik word is die simboliese kleure van die kerkjaar:

  • Swart: Dood en Goeie Vrydag
  • Blou: Kleur van lug, Hemel, waarheid, aanvaarding – Advent
  • Bruin: Spirituele dood en vernedering
  • Grys: As, lyding, sterflike liggaam, onsterflike siel – As-Woensdag
  • Groen: Groei, lente, lewe, Epifanie – Koninkrykstyd
  • Pers: Rou, verootmoediging, koninklikheid – Advent en Lydenstyd
  • Pink: Afwagting en vreugde – Advent
  • Rooi: Bloed en vuur – Pinkster
  • Wit/Silver: Suiwerheid, onskuld, heiligheid – Kersfees en Paasfees
  • Goud: Kersdag
  • Geel: Lig – Goddelikheid

Verskillende simbole is gebruik:

  • Plantegroei  – Groei in die Woord
  • Kompas – Bly op koers
  • Horlosie – Spandeer en gee genoeg tyd
  • Koring – Groei as die koringaar vir Christus
  • Vlerke – Die Vader seën sal oor jou wees
  • Kroon en Fleur de lise – Jy is gebind aan die Koning
  • Duiwe – Geluk en vrede sal oor jou dae wees
  • Boom – Boom van lewe en dood
  • Musieknote – Sing lof tot sy naam
  • Water/golwe – God was jou skoon