Aanlyn Retreat
Ons wil jou uitnooi om deel te word van ons aanlyn retreat. Die materiaal bestaan uit ‘n voorbereidingsvideo en dan vier sessies met gebedsoefeninge wat jou so tussen 60-90min sal neem. Jy kan die materiaal volg op die wyse wat vir jou die beste pas. Die gebedsriglyne is ook in pdf formaat beskikbaar – julle sal die skakels hiervoor sien op hierdie bladsy langs elke video. Daar is ook twee refleksiegebede/luistermeditasies wat jy kan doen aan die einde van elke dag na jy alles voltooi het.
Indien jy enige verdere vrae het, kontak gerus vir Marié Britz by marie@moederkerk.co.za